HOËRSKOOL
PRESIDENT
Hoërskool President

voorkant van skool 005

 

Hoërskool President is die enigste Afrikaans-medium Hoërskool in Goodwood.

Die skool bied topgehalte, verantwoordbare, nie-diskriminerende onderrig
in Afrikaans aan.  (Leerders het  'n keuse tussen Engels as Huistaal en Engels as
Eerste Addisionele Taal.)

Die skool se beleid is gegrond op Christelike waardes en leef sy leuse, 'met onverdeelde trou' 
uit in al die aktiwiteite (geestelik, intellektueel, kultureel en fisies),
wat die skool aanbied. Ons stuur  jong landsburgers uit die skool met 'n
'onverdeelde trou'-mentaliteit, wat 'n sinvolle plek in die samelewing kan volstaan en
diensbaar sal wees aan hul Skepper.

Ons missie is om 'n Omgee-Skool te wees. 

Ons glo in goeie verhoudings en wil trots, netheid en respek by al ons leerders
aanwakker. Ons is baie gesteld op dissipline - leerders met die regte
gesindheid, sal geen probleme ondervind om die interne reëls na te kom nie.

 Aan alle voornemende ouers en leerders:  Baie welkom by die skool met GUTS!

  • Gees
  • Uithouvermoë
  • Trots
  • Selfrespek

...ons bloed is ROOI!

Staff  SPAMMER  JA  Export Port1

Na jare se diens by Die Hoërskool President het Mej. JA Spammer op 28 Maart 2014 met pensioen gegaan.

Mej. Spammer is in 1975 by Die Hoërskool President aangestel as die Tik-, Snelskrif- en Rekeningkunde juffrou. Sy het haar veral as Tikonderwyseres onderskei met uitstekende matriekuitslae. Tegnologie het egter so vinnig gevorder en Tik- en Snelskrif is deur die rekenaar en bandopnermer vervang. Juf. Spammer het verder gaan studeer en het haar bekwaam in 2005 as 'n Rekenaartoepassingstegnologie-onderwyser. Die laaste paar jaar het juf. Spammer RTT, Kuns en Kultuur en Rekeningkunde gegee.

Ons het juf. Spammer geken as n toegewyde en hardwerkende onderwyseres wie se werk altyd netjies was.

Haar humorsin, altyd tyd vir 'n grappie, haar liefde vir elke kind, haar uitsonderlike nederigheid, sagmoedigheid en die voorbeeld wat sy gestel het, sal in ons harte bewaar word. Die talle Facebook-boodskappe het ons laat besef watter groot rol sy in so baie jongmense se lewens gespeel het.

Ná 39 jaar en drie maande by Die Hoërskool President salueer ons u juf. Spammer.

 

 

 

 

 


 

 

 

 

 

 


 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

September 2014
SMDWDVS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930