Berigte van 2010
|
Gr. 8 Ontgroening - 13-15 Januarie 2010 |
|
|
|
Chané Smit |
|
Met rokke wat op die knieė hang en broeke wat oor die kop kan trek, het die Gr. 7-"en 'n half'ies", ook bekend as 'Die Snotbolle', die Hoėrskool President betree. |
Donderdagmiddag na skool het hulle atletiek-uitdunne gehad en is na afloop van die aktiwiteite deur die RvL "verwelkom" deur 'n eier op hul kop te breek en hulle te besmeer met meel en water, en daarna het die Raad van Leerders saam met hulle 'n waatlemoen- fees (a.k.a geveg) gehad! Aan die einde was almal nat en taai, maar dit was vet pret! |
|
Bang, benoud en baie senuweeagtig is die Gr. 7-"en 'n half'ies" verwelkom in die saal deur ons skoolhoof, Mnr. Colyn. |
|
|
Woensdag, is hulle in groepe verdeel en het aan boeresport aktiwiteite buite op die veld gaan deelneem! |
Die Vrydag was die Gr. 7-"en 'n half'ies" se eerste regte skooldag en die aand het hulle saam met hul ouers kom braai by die skool, waar elke groepie (onder leiding van een Raad van Leerder elk) 'n beurt gekry het om hulle konsert vir die ouers op te voer! Dič wat daar was, sal definitied nooit die herskryf van 'Spongebob Squarepants' - "Snotbol - groen en geel" vergeet nie! |
|
|
|
|
Matrix 2010 se instapdag - 18 Januarie 2010 |
|
|
|
Hercules du Preez |
|
"Uiteindelik!" "Ons is hier." "Dis ons laaste jaar." "Nou is dit ons beurt." Dit is van die gesprekke wat jy sou hoor indien jy die oggend van 18 Januarie 2010 tussen 'n groep matrikulante van 2010 was. |
vir ons die skriflesing en gebed behartig. Hy het wyse woorde gespreek wat ons nie sommer gou sal vergeet. Met sy boodskap kon ons verseker weet dat ons fondasie vir die jaar reg is en dat ons die jaar met die regte "identiteitsdokument" sal kan aanpak. |
|
|
|
|
Die dag waarna ons al so lank uitgesien het, het uiteindelik aangebreek: ons instapdag. Die musiek het begin speel en ons is die saal binne, gewapen met stokkies wat skitter. Jy kon die opwinding onder die matrieks voel. Ons het heel voor in die saal gaan sit en saam gedans tot die laaste matrikulant sy plek kon inneem. |
Buite die saal het ouers hulle "kindertjies" en dič se "maatjies" afgeneem - dit was moeilik om te bepaal wie blyer was dat die jaar aangebreek het - die ouers of die leerders! Daarna is dit terug klas toe om met die harde werk te begin. |
|
|
|
|
Meneer Colyn het ons verwelkom as eregaste in die saal en sterkte toegewens vir die moeilike, maar tog opwindende jaar. Daarna het ons "pa", meneer Odendaal, die onderwyser wat ons die afgelope vier jaar begestaan en ondersteun het
|
Die Wźreldbeker sokker sal kom in Junie en dit sal verbygaan, maar President sal die matrieks van 2010 nooit kan vergeet nie. Ons sal die jaar voluit aanpak en seker maak dat niemand ons vergeet nie. |
|
Gr. 8 Instapdag - 25 Januarie 2010 |
|
|
|
Chané Smit |
|
Snotbol, snotbol, stap in 'n ry... |
|
|
|
Die Gr. 7-"en 'n half'ies" word toe mooi ingelig deur mnr Colyn dat hulle nou in die groot wźreld is en ook dus soos grootmense moet begin optree. |
|
Dit was die eerste gedagte wat deur almal se koppe geflits het, toe die Gr. 7-"en 'n half'ies" in die skoolsaal instap op dič besondere Maandagoggend |
|
|
|
|
|
Na afloop van die saalbyeenkoms, net voor die leerders die saal verlaat, is die Snotbolle gevra om te staan, waar daar toe vir hulle 'n paar kleuterliedjies gespeel is. |
Na die liedjies klaar gespeel is en al die ander grade hul laggend toegejuig het, is hule bynaam, 'Die Snotbolle', gelukkig laat vaar en die Gr. 7-"en 'n half'ies" is uiteindelik as ware Gr. 8's verklaar! |
|
|
|
|
|
Sterkte met die jaar vorentoe! |
|
Prysuitdeling - 11 Februarie 2010 |
|
|
|
Steve Coetzer |
|
President het 'n aand geskep om met die akademiese uitblinkers van die skool te spog. |
Die onderwysers moet almal 'n spesiale toekenning ontvang vir al hulle harde werk. Sonder hulle sou die goeie prestasies nie moontlik gewees het nie. |
|
|
|
|
Dit is 'n prestige aand wat baie belangrik is vir al die leerders. Daar is ook gespog met twee leerders wat hul pragtige musiektalente uitgebeeld het. Leandri Truter en Steve Coetzer het elk 'n item van uitstaande gehalte gelewer. |
Baie geluk aan al die leerders wat pryse ontvang het. Die skool en onderwysers moedig ook ander leerders aan om harder te werk. Dit sal 'n groot geleentheid wees as daar 'n prys aan elke leerder in die skool gegee kan word. Aanhou hard werk, Pressies! |