
Geagte ouer
Baie welkom as voornemende gr.8 – ouer aan ons skool. Ook aan alle ouers wat nuwe leerders in gr.9 – 12 inskryf. Graag deel ek met u die volgende belangrike inligting:
Dit is ons strewe om ons ouers betrokke te kry by die opvoeding van hul kinders. ’n Driehoek waarin ouer, leerder en onderwyser betrokke is, is die grondslag vir ’n gelukkige en voorspoedige skoolvennootskap.
U as ouer kan aansluit by ons Ondersteunersklub (POK). Hier kry u die geleentheid om gou nuwe vriende te maak met ander ouers en onderwysers en leer u gou die wel en wee van President ken. Kwartaallikse danse en bring-en-braai geleenthede is maar enkele van die sosiale geleenthede wat ons aan ouers bied.
By ons skool probeer ons nie net om binne die klaskamer nie, maar ook daarbuite soveel geleenthede as moontlik vir ons leerders te skep om veelsydig te ontwikkel.
’n Vasgestelde gedrags- en strafkode is opgestel, in samewerking met die Beheerliggaam en Raad van Leerders, om ons leerders so billik moontlik te behandel. Ons uitgangspunt is om eerder op te voed as om te straf.
Ter wille van die onderhoud van ons skoolgebou en die behoud van goeie onderrig, is ons genoodsaak om die skoolgeld drasties te hersien vir die nuwe skooljaar. Dit bly steeds ons strewe om die bes moontlike onderrig en geleenthede aan ons leerders beskikbaar te stel. Ons is deeglik bewus van die moeilike ekonomiese tye waarin ons leef, maar ons durf nie dat ons skool en die standaard van onderrig skade lei nie. Die vasgestelde skoolgeld sal teen middel November bekend wees. Merietebeurse word jaarliks gebied aan gr.10 – gr.12 leerders wat besondere prestasies op akademiese en sportgebied behaal het. Vir leerders in gr.7, 8 en 9, wat besondere prestasies in ’n skoolsport behaal, word ook beurse toegeken. Daarbenewens is dit tradisie om aan hoofleiers van Laerskole wat by President aansluit, ’n merietebeurs toe te ken.
By President staan die skoolhoof se deur altyd oop om ouers te woord te staan. Hier kan u met vrymoedigheid enige saak rakende u kind of die skool kom bespreek. Ons streef daarna om ’n dinamiese skool te bly en verwelkom u insette.
Maak asseblief seker dat u die dokumente in die lêer saam met u kind deurlees en vergewis u van die inskrywingstye. Onthou om die inskrywingsvorm vooraf (aan beide kante) volledig in te vul. By President is stiptheid een van goeie waardes wat ons wil vestig. U moet dus asseblief betyds vir u afspraak opdaag. Liewer te vroeg as laat!
Vir u gerief verskaf ons die skool se begin- en sluitingstye. Dit geld vir die hele jaar. Ons begin elke dag om 07:45.

Sluitingstye: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag 14:20
Woensdag 14:05
Ons sien daarna uit om
u en u kind deel te maak van die President-familie. Saam kan ons dan streef
na uitnemendheid!
Vriendelike President-groete.
PGH COLYN
SKOOLHOOF
Skooldrag:

Beskikbaar by Rothman’s, Surreystraat, Goodwood. Skakel ook vir Mej. Maree by 021 591-5181 om navraag te doen oor ons skool se klerebank.
Meisies:
![]()
|
SOMER |
WINTER |
|
Rooi skoolrok |
Grys broek (seunsbroek Rothman’s) |
|
Wit kortmouhemp |
Alternatiewe rooi skoolrok met wit langmouhemp |
|
Kort wit sokkies |
Grys skoolsokkies by broek |
|
Swart skoolskoene |
Silvergray/Schoolgray broekieskouse |
|
|
Skooldas, Skooltrui, Skoolbaadjie & Skoolserp |
Seuns:
|
SOMER |
WINTER |
|
Grys kort- / langbroek |
Grys langbroek |
|
Wit kortmouhemp met oopknoopkraag en sakwapen |
Wit langmouhemp |
|
Grys/Blou/Swart lyfband |
Grys/Blou/Swart lyfband |
|
Grys skoolsokkies |
Grys skoolsokkies, Skooltrui, Skooldas, Skoolbaadjie & Skoolserp |
Skoolbaadjies is opsioneel vir die 1ste kwartaal. U kind mag egter nie op koue dae slegs met ’n grys skooltrui skool toe kom nie. Daar is wel moulose oortrektruie wat in winterkwartale sonder baadjies gedra kan word. In die winterkwartale is daar ook ’n skoolserp te koop by die skool. Ons het 'n reeks verpligte oefendrag wat ingefasseer is vir die graad 8's van 2011. Dit bestaan uit 'n rooi hemp en swart broek vir seuns en 'n wit hemp en rooi broek vir meisies. Dit is beskikbaar by die finansiële kantoor teen R185 per stel.
Skryfbehoeftes:
Inligting aangaande die
skryfboeke sal vroeg in die nuwe jaar aan u beskikbaar gestel word.
Sorg asseblief dat u kind ’n dagboek / tuiswerkboek besit waarin daagliks werk aangeteken moet word.
Donkerblou inkpen
HB-potlood
Uitveër
Liniaal
Buisie Pritt
Grafiekpapier
(Wiskunde gr10-12)
Minstens twee skryfblokke per kwartaal
Skooltas [Om die
handboeke te beskerm, vra ons dat u asseblief sal toesien dat die skooltas /
rugsak versterk sal wees.]
Handboekgeld (betaalbaar
1ste week van skool)